Die goeie nuus (opsomming)

Ewige lewe

1. Elkeen is ‘n sondaar

Rom. 3:10: soos geskrywe is: Daar is niemand regverdig nie, selfs nie een nie.
Rom. 3:23: want almal het gesondig en dit ontbreek hulle aan die heerlikheid van God.

2. Elkeen verdien die hel

Rom. 6:23: Want die loon van die sonde is die dood, maar die genadegawe van God is die ewige lewe in Christus Jesus, onse Here.
Openb. 20:14-15: En die dood en die doderyk is in die poel van vuur gewerp. Dit is die tweede dood. En as dit bevind is dat iemand nie opgeskryf was in die boek van die lewe nie, is hy in die poel van vuur gewerp.
Openb. 21:8: Maar wat die vreesagtiges aangaan en die ongelowiges en die gruwelikes en moordenaars en hoereerders en towenaars en afgodedienaars en al die leuenaars – hulle deel is in die poel wat brand met vuur en swawel: dit is die tweede dood.

3. Jesus het vir ons op die kruis gesterf sodat ons gered kan wees (die gebeure van die kruis: die bloed, die dood, begrawe en opstanding van Jesus) (lees ook Markus 1:11)

Rom. 5:8: maar God bewys sy liefde tot ons daarin dat Christus vir ons gesterf het toe ons nog sondaars was.
1 Pet. 2:24: wat self ons sondes in sy liggaam op die kruishout gedra het, sodat ons die sondes kan afsterwe en vir die geregtigheid lewe; deur wie se wonde julle genees is.

4. Jy moet in Jesus Christus glo as jou enigste weg na die hemel

Hand. 16:31: Toe sê hulle: Glo in die Here Jesus Christus en jy sal gered word, jy en jou huisgesin.
Joh. 3:16: Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê.

5. Wanneer jy in Jesus Christus glo, gee God jou die ewige lewe (Gelykenis van ‘n geskenk om ewigheids­sekerheid te verduidelik)

Rom. 6:23: Want die loon van die sonde is die dood, maar die genadegawe van God is die ewige lewe in Chrisus Jesus, onse Here.

Vrae

  1. Glo jy dat jy gesondig het?
  2. Glo jy dat Jesus Christus op die kruis vir jou sondes gesterf het, en uit die dood opgestaan het?
  3. As jy Jesus nou sou vra om jou te red, sal hy dit doen?
  4. Hoe lank sal jy gered bly?

Indien verstaan

Here Jesus, ek weet ek is ‘n sondaar, en ek verdien om hel to te gaan. Maar ek glo dat jy op die kruis vir my sondes gesterf het. Red my asseblief, en neem my hemel toe as ek tot sterwe kom. Ek vertrou alleenlik op jou, Jesus. Amen.”

Johannes 1:12 Maar almal wat Hom aangeneem het, aan hulle het Hy mag gegee om kinders van God te word, aan hulle wat in sy Naam glo;