1953 Ou Vertaling in Afrikaans in een lêer

Hier is ‘n ASCII weergawe van die 1953 vertaling van die Bybel in Afrikaans, die “Ou Vertaling”. Dit kan gebruik word om die Bybel gou te lees as ‘n enkele lêer, of te wel, in ‘n rekenaar te laai:

af1953.txt

In hierdie lêer word die name van die boeke weergee sonder klem en kappie, maar spesiale letters kom nog steeds voor in die teks, wat dit dalk moeiliker kan maak om ‘n vers te vind waarvoor jy sal soek.

Interessant is daar meer “verse” in die Afrikaanse weergawe van die Bybel as die King James weergawe, al is die grondteks dieselfde (sover ek kan agterkom). Die hoofrede hiervoor is sekere verse wat in meervoudige verse verdeel word, en dat die aanhef van die Psalms sy eie verse geniet.